Leerders doen eerstehandse kennis op in natuur
“Dit was ‘n belewenis wat elke kind behoort te ervaar,” het Sanet Steyn, wat die Eco-klub behartig, gesê.

Elf van Hoërskool Bergvlam se leerders het onlangs die voorreg gehad om saam met die Ecoklub by die Sandrivier-boskamp te kamp. Dit is deur die ereveldwagters aangebied.
Die leerders het geleer van boom-, voël-, en spoorherkenning asook dieregewoontes. Daar is tot laatnag om die vuur gekuier en stories vertel. Vroegoggend en skemertyd het hulle gestap en by die watergate diere beskou.

LEES OOK: Man goes missing from rehabilitation facility in Mbombela
Tydens die laaste staptog het ‘n leeuwyfie met vier welpies nader gestorm om te wys die mense se teenwoordigheid is ongenooid.
LEES OOK: WATCH: First state-owned oncology unit in the province officially launched in Mbombela
“Dit was ‘n belewenis wat elke kind behoort te ervaar,” het Sanet Steyn, wat die Eco-klub behartig, gesê.
