Local newsNews

Misdaad: hier is raad vir ouers

Die ontvoering Maandag van Amy-Leigh de Jager in Vanderbijlpark het menige ouerhart laat gaan staan.

MBOMBELA –  Hoewel die sesjarige die volgende dag ongedeerd teruggevind is, sê al hoe meer mense hulle voel nie veilig nie en vrees vir hul kinders.

LEES MEER: Teacher at school one of arrested in Amy-Leigh kidnapping

Die plaaslike polisie se kapt. Pieter Smit het al 12 jaar ervaring as ‘n gyselaaronderhandelaar.

Dit behels dat hy uitgeroep word na tonele waar mense ontvoer is, gyselaar gehou word, of dreig om selfmoord te pleeg.

Wanneer die ondenkbare gebeur, en iemand ontvoer word, is sy raad dat jy die polisie so gou as moontlik daarvan in kennis stel, selfs al dreig die ontvoerders dat jy nie moet nie.

“Hoe langer jy wag, hoe korter is ons reaksietyd. Die eerste 24 uur is die belangrikste. Ons wil die kind so gou as moontlik kry.”

Om na ‘n ontvoerde kind te soek, is polisiewerk op sy dringendste.

Hy bied die volgende raad aan ouers.

• Laat weet dadelik die polisie.

• Maak seker jy het ‘n foto van jou kind by jou.

• Weet watter klere hulle die dag aan het.

• Werk ook ‘n noodplan vir die gesin uit. Hulle moet weet waar om in die huis weg te kruip as iemand inbreek.

• Werk ‘n kodewoord uit vir as julle in ‘n situasie kom waar julle dit nodig het.

• Maak seker jou kinders weet watter noodnommers om te skakel.

LEES OOK: Bitcoin case suspects granted bail

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button