Local newsNews
Hoërskool Rob Ferreira verkies hulle prefekte vir 2020
Hoërskool Rob Ferreira se skoolprefekte vir 2020 is genooi vir inhuldiging op 4 September 2019. Santi Roux en Piet van Tonder sal hul mentors wees.
Daar was 120 gaste by die spoggeleentheid. Die skool wil graag Greenway Woods wat gehelp het met die kos en die gedeeltelike borg daarvan, bedank.
Die leiers van 2019 het ‘n baadjie aan elke nuwe leier se ouers gegee om vir hul kinders aan te trek.

Die prefekte het ook ‘n onderneming gedurende die aand geteken. ‘n Nuwe tradisie is begin waar die ou leiers ‘n kers aansteek en dit oorhandig aan die nuwe leiers. Dit was ‘n baie suksesvolle aand en die skool sien uit om ‘n pad te stap met hul nuwe leiers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
