KYK: Laerskoolleerdertjies plaas hul woordeskat op die spel
MBOMBELA - Ongeveer 170 leerders tussen graad vier en sewe van 14 Laeveldse skole het onlangs aan die Almal Kan Afrikaans Spel (AKAS) -spelkompetisie deelgeneem.

AKAS het vanjaar vir die vyfde keer dié kompetisie aangebied, wat ten doel het om laerskoolleerders se spelling te verbeter en hul woordeskat te vergroot.
Volgens Ehlanzeni se vakadviseur en organiseerder van AKAS, Lizette Brytenbach, word spellyste vooraf aan die leerders deurgegee.
“Na aanleiding hiervan word die beste spellers gekies om hul skole hier te kom verteenwoordig.”
Beide leerders van Afrikaans huistaal en eerste addisionele taal kan aan dié kompetisie deelneem.
Dit bestaan uit drie rondes. Jou punte in ronde een bepaal of jy na die tweede sal deurdring en eindelik na die derde. In elke ronde moet 20 woorde gespel word.
ALSO READ: Verhoogproduksie steel beoordelaars se harte en palm die toekennings in








