Local newsNews

Al helpende tussen die bejaardes

Baie van dié bejaardes wat nog alleen en op hul eie bly het nie eie vervoer nie, en sommige leef slegs van staatspensioene.

Solidariteit Helpende Hand se Laeveld-tak het onlangs 80 bejaardes na Casterbridge Lifestyle Centre geneem en hulle op ‘n ligte ontbyt en kuier by die Courtyard-restaurant trakteer, voordat hulle Pad Na jou Hart in die bioskoopteater gaan kyk het.

Daar is hulle verder met springmielies, lekkers en ‘n koeldrank bederf.

Die gaste is deur twee busse van Citybug van Mbombela af en terug vervoer; een bus het mense by i’langa Mall opgetel en ‘n ander een by Herfsakker.

“Ek wonder wie het dit die meeste geniet, ons of die bejaardes,” het Elize Visser agterna gesê. “Die bejaardes lê ons baie naby aan die hart. Hulle is altyd dankbaar om net ‘n bietjie uit te kom en kry beslis nie gereeld die geleentheid om te gaan fliek nie.”

Baie van dié bejaardes wat nog alleen en op hul eie bly het nie eie vervoer nie, en sommige leef slegs van staatspensioene.

“Dis hoekom ons probeer om hulle ten minste een keer ‘n jaar te bederf,” het Visser bygevoeg. “Hierdie keer het die weer ook saamgespeel en was dit die perfekte lenteoggend om saam te spandeer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button