BusinessLocal newsNewsNews

Kom, maak jouself tuis by The Pub tydens vanjaar se Great Nelspruit Post Pub Crawl

The Pub op die dorp is 'n ware instelling vir Laevelders wat 'n lekker gesellige kuier geniet. #TheGreatNelspruitPostPubCrawl

Dìe vestiging bied verskeie dienste soos ‘n slaghuis, karwassery, ‘n bloemiste en ‘n biltong-en-braai-winkel. Ingesluit hiermee is ook ‘n intieme verhoog waar die mees eg-Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Anton Goosen, Valiant Swart, Koos Kombuis en vele ander gewilde musikante al opgetree het.

Die familiebesigheid is al vir ‘n wyle op die dorp en is vir die afgelope vier jaar by die jaarlikse Pub Crawl betrokke.

Ettienne Coetzee, bestuurder en eienaar sê:”The Pub is in 2000 gestig deur my pa en ek is vir omtrent nege jaar hier betrokke as bestuurder. Die hele idee is om ‘n kroegervaring te skep soos by jou huis.”

Die kroeg se gewildheid onder plaaslike inwoners is toe te gee aan hul spyskaart wat regte boerekos bied. “Ons bied beesstert, skaapafval en kaaiings aan asook ‘n regte biefstuk waaroor ons klante gaande is.”

“By The Pub kan jy vleis kry, jou kar was en blomme vir jou vrou koop,” vertel hy skertsend. Volgens Coetzee is die een ervaring wat klante wegneem na ‘n kuier, beslis die puik diens wat sy personeel lewer.

Ettienne Coetzee, owner of The Pub in Nelspruit

Hy vertel verder: “Ons het baie positiewe terugvoer van die vorige Pub Crawls gekry en ons klante beskou hierdie geleentheid as ‘n ideale manier vir maatskappye om spanbousessies te hê met hul kollegas.”

LEES OOK: Skop jou skoene uit by Die Lapa gedurende vanjaar se Great Nelspruit Post Pub Crawl

Coetzee het ook bygevoeg dat hulle weer deel van vanjaar se Great Neslpruit Post Pub Crawl op 28 September sal wees en dat The Pub ‘n verskeidenheid spesiale aanbiedinge vir klante gaan bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button