Malalane Cricket Club reg vir aksie
Volgens die manne is hul reg om hierdie jaar stof in die ander spanne se oë te skop.

Die Malelane Cricket Club Rats XI het verlede week hul nuwe seisoen afgeskop met ‘n funksie by die Red Falcon Spur in Malalane.
In sy toespraak het Pieter Kieviet, voorsitter van die klub, al die spelers welkom geheet. Volgens die manne is hul reg om hierdie jaar stof in die ander spanne se oë te skop.
Danie Bosman, eienaar van Spur, borg hierdie jaar die krieketklub se oefenhemde en pette.

Die areabestuurder van hierdie restaurantgroep, Kagiso Mashiane, het hierdie geleentheid bygewoon en het aan Corridor Gazette gesê hulle sien uit om ‘n pad saam met die span te stap.
Shayne Adcock, ondervoorsitter, nooi alle belangstellendes uit om saam te kom oefen. Die span oefen Dinsdae en Donderdae van 16:30 tot 18:00 by Riverview Prep.
Navrae: Pieter by 079-936-7349 of Shayne by 073-593-4184.
