Cordelia kuier heerlik by damestee
Sangeres, Cordelia, het verlede week die Onderberg-dames getrakteer op die oewer van die Krokodilrivier.

Sy het haar lewensverhaal van haar aanneming op die ouderdom van ses maande met die gehoor gedeel, en haar boodskap was deurentyd “daar is altyd hoop en jy as vrou is kosbaar en waardevol”.
Daar was ook heelwat humor, en die vrouens het gelag dat die trane rol toe Cordelia vertel van hoe sy “Amazing Grace” by die verkeerde begrafnis in Fochville gaan sing het.

Die fondse wat ingesamel is by hierdie damestee gaan na Moving Mountains vir hulp aan kankerpasiente. Izelle Pretorius van Mbombela het hierdie organisasie sonder winsoogmerk in 2018 gestig.
LEES OOK: Katoenverbouing ondervind herlewing in die Onderberg
Dedré van Graan is die verteenwoordiger vir Moving Mountains in die Onderberg en het haar dank uitgespreek teenoor die hoofborg, Securicon, en dan ook Ford Malalane, Obaro en Laeveld Trekkers vir hulle bydra wat hierdie dag ‘n reuse sukses gemaak het. Riverview Lodge het ook die lokaal geborg vir hierdie geleentheid.
Onderbergers is welkom om Moving Mountains te kontak by info@movingmountains.org.za vir enige donasies en toekomstige funksies. Mense word ook uitgenooi om vir Dedré te kontak op 083-600-1750 vir enige hulp met kankerpasiente.
LEES OOK: Man caught with bootful of dagga
