Local newsNews

Oom Willie Basson spring in wanneer daar hulp benodig word

Volgens sy vrou, is Willie Basson altyd bereid om die ekstra myl te gaan.

MBOMBELA – “Dit kos niks om te help nie.” So sê Willie Basson (63), ‘n oud-Kapenaar wat vir die afgelope vier jaar in Mbombela bly. Hy het laas week sy lyf verkeersbeampte gehou toe die verkeersligte by die kruising naby Elmadré Slaghuis buite werking was.

Hy sê dit is maar tweede natuur om in te spring tydens ‘n krisis en sy vrou Matthea beaam dit.

“Twee jaar gelede het hy dieselfde ding gedoen en die motoriste kon nie ophou dankie sê nie,” sê sy.

LEES OOK: Bekende kontrakteur van Mbombela sterf

Die oggend het doodgewoon begin.

“Ons was op pad Mosaïek Kleuterskool toe en die verkeer was baie swaar. Onderaan die bult het ek opgelet dat die verkeerslig buite werking is en ek het sommer dadelik ingespring om die verkeervloei weer aan die gang te kry.”

Vir Willie was dit eenvoudig om almal se Dinsdagoggend stukke beter te maak.

Willie Basson hou sy lyf verkeerbeampte.

LEES OOK: Leilani se staptog bereik ‘n einde

“Dink vir jouself, dis Dinsdag en almal het ‘n blou Maandag gehad. En nou sit hulle weer in die verkeer. Ek het onmiddellik gedink dat almal laat sou wees vir werk, en dit is beslis nie ‘n lekker begin vir die dag nie.”

Vir Willie was sy hulpvaardigheid baie eenvoudig: hy het gesien dat daar ‘n probleem was en besluit om deel van die oplossing te wees. Hy het ingestaan tot ‘n verkeersbeampte opgedaag het om die verkeer te reguleer.

LEES OOK: Nuwe N4 wisselaar by Karino gaan verkeersdruk verlig

Die video-opnames van Willie wat die verkeer reël is op Facebook gelaai en het soos ‘n veldbrand versprei.

“Ons word daagliks met negatiewe gebeurtenisse gebombardeer en dit voel goed om vir ‘n slag iets positiefs te doen.” Matthea vertel dat hy altyd bereid is om te doen wat nodig is om ander te help.

LEES OOK: Onderberg-ikoon word onthou as ‘n ware heer

“Ons verwelkom die positiewe kommentaar en hoop dit moedig ander aan om op dieselfde manier te reageer as iets gebeur waar hulle van hulp kan wees,” sê sy.

Willie is gehoorgestremd, maar dit keer hom nie om te help waar hy kan om ander sel lewens beter te maak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button