Local newsNews

Die Laeveld-gemeenskap se omgee het 2019 opgesom

Die Laeveldse gemeenskap is een van omgee, en het dit gedurende 2019 opnuut gewys toe hulle hul harte en beursies vir mense wat dit nodig gehad het, oopgemaak het.

Hier is ‘n paar van die stories wat hierdie jaar lesers die meeste aangegryp het.

Super Sean Adlem veg nog hard

Hierdie jong inwoner van Mbombela is minder as ‘n maand nadat hy sy 12de verjaarsdag op 10 April gevier het, met Ewing se sarkoom gediagnoseer is. Dit is ‘n aggressiewe tipe beenkanker wat, onder andere, intense pyn veroorsaak.

Dit het ook veroorsaak dat die T7-beentjie in Sean se rugstring verkrummel, en dat hy nie meer kon loop nie. Sedert sy diagnose het hy verskeie kursusse chemo ontvang. Skanderings het op 23 Augustus bevestig dat Super Sean se sarkoom heeltemal vernietig is.

Hulle het op 11 September geopereer om die been waarop die gewas gegroei het te herstel, en ook Sean se ruggraat te versterk. Vroeër die maand het hy sy derde ronde chemo voltooi.

ALSO READ: How to travel safe during the festive season

Omgee-dokters gee Ronnie ‘n tweede kans

Na sewe jaar van onhoudbare, aanhoudende pyn het Ronnie Botes in Oktober die operasie ontvang wat hy broodnodig gehad het.

Dit was alles te danke aan ‘n groep plaaslike dokters wat hande geneem het om Botes, wat nie ‘n mediesefonds het nie, ‘n heupvervanging te gee.

Botes moes vir jare met chroniese pyn saamleef. Hy het in 1983 ‘n heupvervanging gekry nadat hy in ‘n motorongeluk was. Dié heup het in 2012 begin probleme gee.

Hy en sy vrou Ansie was op moedverloor se vlakte omdat Rob Ferreira Hospitaal nie sy heup kon opereer nie en Steve Biko Hospitaal hulle meegedeel het dat hy vir 10 jaar sou moes wag vir die operasie.
Plaaslike ortopediese sjirurg, dr. Johan van Rooyen, het besluit dat hulle eenvoudig moet help en hy het ander mediese personeel ook oorgehaal om die operasie gratis uit te voer.

Narkotiseur dr. Nic Procter en ortotis Org Rautenbach het saam met Van Rooyen die operasie uitgevoer. Fisioterapeut Kobus Maree en Lancet Laboratory het ook hul dienste gratis aangebied. Boonop het Radio Laeveld geld bewillig om sy medikasie te dek.

Die operasie was ‘n sukses en het die Botesse se lewens ten goede verander.

Damien se operasie ‘n sukses

Die amper twee-jarige klein Damien Minnie-Parkes is op 24 Mei geopereer nadat hy op sewe maande met metopiese kraniostenose-trigonosefalie gediagnoseer is.

Dit is ‘n aangebore toestand van voortydige samesmelting van die metopiese nate (voorkop), wat lei tot ‘n driehoekvormige voorkop. Dit het beteken dat Damien se skedelbeen met ‘n punt na voor getrek was, wat risiko’s vir die ontwikkeling van sy brein ingehou het.

Die vyf uur lange operasie het egter alles verander.

Hoewel sy ouers fondsinsamelings gehou het, was die operasie dringend en is uiteindelik deur die Smile-stigting moontlik gemaak.

Volgende benodig Damien ‘n spesiale bril. Volg Please Help Little Damien & Recovery updates op Facebook vir meer besonderhede.

ALSO READ: These care workers are always ready to serve

Gewone kinderlewe wink vir klein babbelbekkie

Die gemeenskap het voorwaar saamgestaan om binne weke genoegsame fondse in te samel om vir Lee-Ann Botha (4) die operasie wat sy benodig het, moontlik te maak.

Hierdie pragtige dogtertjie is met sigbare hemangiome (bloedvatgewasse) gebore. Die een op haar voorkop was veral opvallend.

Haar gesin het ‘n pleidooi gerig om hulp om dit te laat verwyder en die gemeenskap het saamgestaan en bykans R35 000 ingesamel. Die twee gewasse op haar gesiggie en ruggie is toe suksesvol verwyder.

Alles het egter goed afgeloop, selfs beter as wat die dokter verwag het. Die letsel wat op haar koppie sal agterbly is baie minder opvallend as die gewas.

Cyclone Idai destroys Mozambique

When Cyclone Idai hit Mozambique in March, Beira and the surrounding areas took a direct hit. The destruction was immense, and locals did not hesitate to reach out and help.

About 200 000 people were devastated, their harvest gone, mud huts demolished and goats and chickens drowned. An orphanage lost its roof and eight seriously injured patients were hiding under a tarpaulin, their injuries caused by walls collapsing and roof sheeting flying around in the gusts of wind.

Leading the charge by managing the goods and monetary donations was White River-based Pediatric Care Africa. The non-profit organisation reached out to the storm-devastated neighbouring country, collecting funds for water, baby food, clothes and all other necessities.

They helped more than 100 000 children with food and other supplies.
“Doctors do not save lives – money, equipment and supplies do,” said founder, Dr André Hattingh, who regularly transported tons of food and medicine to the cyclone-stricken area.

Next year Pediatric Care Africa plans to complete 1 000 operations for 1 000 needy children. To raise funds, Hattingh will embark on a 5 600-kilometre motorcycle trip in February. To find out more, visit pediatriccareafrica.org.

Mienke gaan Indië toe

Mienke Mulder het in Junie stamselterapie in Indië ontvang.

Sy het as agt-maande oue baba in Augustus 2017 by haar dagmoeder in Mbombela aan haar bottel gestik en breinskade opgedoen. Die breinskade het daartoe gelei dat Mienke nie kan loop of praat nie, erg aspireer en stuipe kry.

Die Mulder-gesin het intussen na Gauteng verhuis, maar die klein hartedief het diep in plaaslike inwoners se harte gekruip.

Haar ouers Ryno en Verna het vertel dat Mienke se neuroloog voorgestel het dat sy vir die stamselterapie gaan, wat nuwe paaie na haar brein sou skep, wat van haar liggaamfunksies kan verbeter.

Hulle dink dit het ‘n verskil gemaak, maar dit sal eers bevestig word wanneer sy terugkeer na Indië en breinskanderings ondergaan. Hulle hoop om haar in April weer vir die behandeling te neem.
Vir meer inligting, volg die Please Pray for Mienke-blad op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button