Local newsNews

Migrasie van die wit skoenlapper

'n Magdom wit skoenlappers word die afgelope maand in die omgewing opgemerk, maar hierdie gediertes se storie is iets besonders.

Die bruingeaarde wit skoenlapper is ‘n mediumgrootte skoenlapper kenbaar aan sy groot, wit vlerke met swart/bruin patrone op. Gedurende die somermaande begin hulle al hoe meer sigbaar raak, nie net op plase nie, maar in die dorp ook. Diegene wat hulle nog nie gewaar het nie, moet op die uitkyk wees vir die unieke skoenlapper, want hulle kom al ‘n ver ent vanwaar hulle tuiste is. Diegene wat hulle wel opgemerk het, vra waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is. Dit is duidelik dat hulle net tydelik in ‘n dorp bly en dan weer verder trek.

Meer oor diere, lees gerus hier: Feeding wildlife is as good as signing their death warrant

Hierdie skoenlappers migreer elke jaar deur Suid-Afrika gedurende somermaande. Hulle kom oorspronklik van die Karoo af en vlieg al die pad deur die land na Mosambiek. Die tye wanneer hulle migrasie begin en eindig, word egter deur weersomstandighede soos hitte en die reënvalvlakke, bepaal.

Die skoenlappers vlieg laag oor die grond en is prooi vir ander insekte soos die bidsprinkaan, spinnekoppe wat hul rakke naby aan die grond span, sowel as insekvretende voëls. Voor die skoenlappers hulle tuiste in die Karoo verlaat, lê hulle eers eiers in die witgatboom, ‘n soort boom wat hulle vir hulself uitgekies het. Sommige van hulle lê ook eiers in dieselfde soort boom op pad na hulle nuwe bestemming.

Nog interessante berigte: Doogle the bull needs to meet a new friend

Omdat die volgende geslag van bruin-geaarde skoenlappers verseker is in die Karoo, migreer die res na Mosambiek binne drie dae, waarna hulle dan vrek. So, wanneer jy hulle in die omgewing opmerk, neem in ag hoe ver hulle gekom het en hoe besonders hulle eintlik is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button