Local newsNews

Laerskool Burgersfort leerders het hope pret met geesweek

Geesweek is iets wat al jare 'n tradisie by Laerskool Burgersfort is.

Elke jaar sorg dit nie net vir hope pret nie, maar ook baie kreatiwiteit.

‘n Voorafgestelde program wat die aktiwiteite van die week uiteengesit het, is aan leerders gegee. Dit het ouers genoeg tyd gegee om saam met hul kinders aan die week se gebeure te beplan. Geesweek vind plaas om gees vir die interlaer wat nader kruip, te bou.

Vorige jare se geesvang: Laerskool Burgersfort vang gees op unieke manier vir interlaer

Maandag moes die kinders snaakse hoede of haarstyle dra. Daar was kapsels van verskeie groottes en kleure. Dit was duidelik dat sommige leerders voor dagbreuk al op was om hulle koppe voor te berei vir die skooldag. Dinsdag is die leerders uitgedaag om soos superhelde aan te trek.

Teen Woensdag was hulle al gewoond aan die komiese aktiwiteite, daarom was dit niks vreemd om snaakse skoene te dra nie. Leerders het met allerhande unieke idees vorendag gekom om hulle skoene op te helder.

Nog atletiek nuus: Laerskool Burgersfort atletiek

Donderdag was meer van ‘n uitdaging. Die kinders moes hulle gunstelingstorieboek lees en soos een van die karakters aantrek.

Die week word gewoonlik afgesluit deur ‘n optog om die skool, en indien die weersomstandighede dit toelaat, sal dit hierdie jaar weer plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button