Innibos storie-krôl skop af
Die Innibos storie-krôl-span het verlede week hulle storieleesprogram by Huis Herfsakker afgeskop.

Verhale waar die bewusmaking van storie lees vir kinders beklemtoon was, is vir kleingoed deur inwoners van tehuise gelees.
“Ek glo kinders moet stories hoor en iemand moet dit vir hulle lees,” sê Marlene du Toit, storie-krôl-organiseerder.
Na vier jaar se storie-krôl is dit die eerste keer dat die span na ‘n tehuis uitreik.
Drie tannies het vir ‘n klein gehoor voor hulle stories vertel en gewys na die prente in die boeke.
“Die interaksie tussen oud en jonk is belangrik,” sê Du Toit.
“Enige tehuis kan ons kontak vir ‘n besoek met die kinders.”
Die storie-krôl-span het ook bekend-gemaak dat hulle die grootste storietapyt vir Innibos wil hekel en vleg.
LEES OOK: Onderrig in die 21ste eeu
Klomp repies lap het op die vloer gelê om dit te begin hekel en vleg.
“As enigiemand wil vleg of hekel, kom haal gerus lap,” sê Du Toit.
Niks gaan tot niet nie aangesien die tapyt na Innibos aan die DBV, Pro-Life en haweloses gaan.
Kontak Annemarie van der Walt by 083-289-3823 om meer uit te vind oor die hekel- projek of om die storie-krôl-span na jou te huis te nooi.









