Help Care Buddies met insameling
Die Nelspruit Care Buddies gaan op 28 en 29 Februarie by Westend SPAR wees om benodighede vir Silverdae Ouetehuis in Waterval Boven in the samel.

Die organisasie gaan ‘n lys van benodigdhede beskikbaar hê.
Die publiek word uitgenooi om te help deur van die produkte te koop en te skenk.
Die lys van benodigdhede sluit in koffie, tee, suiker, margarien, blikkieskos, tandepasta, handeroom, soet- en soutbeskuitjies en lekkergoed of sjokolade.
Op 18 Maart gaan Care Buddies na die tehuis om die inwoners met ‘n konsert en heerlike middagete te bederf. Hulle wil graag aan elkeen ‘n bederfpakkie met lekkernye as gesekenk gee.
KYK OOK: Albert Frost wys sy talente op die kitaar
Daar is tans 30 senior burgers wat versorg word in die tehuis. Hulle het altyd ‘n tekort aan nie-bederfbare voedsel en toiletware en maak staat op die publiek vir skenkings.
Die meeste van die inwoners kry net ‘n staatspensioen, wat vir hulle verblyf betaal.
Die Care Buddie-span gaan ‘n sterk teenwoordigheid hê met hulle rooi klere op hierdie dae en lede van die publiek kan gerus met hulle gaan gesels.
