Local newsNews

Roekelose bestuur verander na strafbare manslag

Die bestuurder van die motor waarin Kim Kerswill, dogter van die voormalige eienaar van Hi-Tech Security, Johnny Kerswill, einde laasjaar verongeluk het, sal eersdaags in die hof verskyn. 

Lance Martin Smit is aangekla van strafbare manslag en dronkbestuur en sal op 29 April in die hof verskyn, het Brig Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die SAPD, bevestig.

Kim en Smit was op 16 Desember op pad terug van ‘n partytjie toe die ongeluk by die Crossing-verkeerslig op die R40 plaasgevind het.

LEES OOK: Onderrig in die 21ste eeu

Klagtes van roekelose en nalatige bestuur is aanvanklik ondersoek, maar is verander na strafbare manslag nadat Kim op 24 Desember oorlede is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button