Local newsNews
Moontlike geregtigheid vir die Goetze gesin
Kabous Goetze se ouers kan dalk nou gemoedsrus kry na sy dood.

Na Laevelder se berig oor die saak wat klaarblyklik nie vorder nie, was daar nuwe verwikkelinge.
Die forensiese foto’s van die ongelukstoneel is verlede week beskikbaargestel en ‘n hofdatum kan nou vasgestel word.
LEES OOK: Bekende koskenners beoordeel bobaasbaksters
Kabous het op 12 Julie verlede jaar in ‘n motorongeluk op die Kaapsehoop-pad omgekom en sy ouers wag sedertdien vir die saak om in die hof voor te kom.
Dit was vir Kabous se ma, Tershia, ‘n groot skok toe sy verlede week vir die eerste keer die foto’s gesien het.
“Ek het geweet my seun het seergekry, maar ek het nie geweet hoe seer nie. Nou weet ek,” het Tershia gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
