Local newsNews

Man in wynvat se duik-drome verpletter

Die man wat vir 79 dae in 'n wynvat 23 m in die lug op 'n paal spandeer het, is nou ernstig siek.

Vernon Kruger (52) het dit reggekry om sy rekord te breek, maar was dit die moeite werd? Kruger verduidelik dat hy dadelik gevoel het iets is fout die oomblik toe sy voete die grond geraak het. Hy is onmiddellik na ‘n bystaande ambulans geneem en deeglik ondersoek. Hy het gekla oor asemnood en borspyn.

Twee dae na hy die rekord laat spat het, is daar vasgestel dat hy ‘n bloedklont opgedoen het. Wat vir hom egter vreemd is, is dat hy in die vat glad nie sleg gevoel het nie. Dit was eers toe hy op moeder aarde was wat hy gevoel het iets is verkeerd. Hy is tans op mediese behandeling en verdere toetse sal nog gedoen word, maar vir nou is hy stabiel.

Ander artikels oor vernon: WATCH: Mother talks about her record breaking son Vernon Kruger

Om die diagnose te bevestig, het hy ‘n MRI-skandering ondergaan. Met dié is daar is toe vasgestel dat benewens die bloedklont, sy linkerlong ook heeltemal platgeval het. Die bloedklont is sedert die bloedtoetse met medikasie behandel, omdat daar ook vrese van ‘n beroerte was.

Kruger is ook ‘n kommersiële duiker. Hy het aan Steelburger/Lydenburg Nuus se susterskoerant Laevelder vertel dat hy op die stadium fiks en gesond is, hoewel hy steeds kortasem raak as hy ‘n ent geloop het.

Kyk ook gerus na die volgende artikel: Up on the pole- Vernon is still hanging in there

Oor ‘n maand moet hy weer vir ‘n skandering gaan. “Hopelik is die nuus dan beter.” Hy is tans in Dullstroom waar die vatjie van die paal afgehaal word en die paal dan afgesaag gaan word. “Ek moet by wees om die vatjie te sertifiseer as die werklike een waarin ek my rekord opgestel het. Die rekordhouding van die jongste poging word nie na Guinness World Records gestuur om as ‘n nuwe wêreldrekord gesertifiseer te word.”

Sal hy dit weer doen? “Ek het aanvanklik gesê nooit weer nie, maar ek het ook al in my lewe geleer, never say never! Ek sal weer oor twee weke weer ‘n skandering moet laat doen om te sien wat aangaan. Die bloedklonte is nou weg, maar my linkerlong het platgeval. Ek glo nie ek sal weer my duikmedies slaag nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button