Een dapper hond het nie laat ‘n pofadder hom onder kry nie
'n Regte klein vegter van 'n hond is deur een van Suid-Afrika se gevaarlikste slange, 'n pofadder, gepik.
Klein Bram se storie het egter ‘n gelukkige einde, en hy is een van min brakke wat so ‘n pik oorleef het.
Bram is ‘n mediumgrootte mengelras-hond. Terwyl hy besig was om te baljaar op die plaas net duskant Kwenadam, het hy die seilende gedierte teëgekom en is hy ongelukkig gepik. Wat egter in sy guns getel het was die vinnige optrede van ‘n parate eienaar.
Lees ook gerus die volgende artikel: Slangvander word baie besig gehou
Tog is dit nie die eerste keer wat een van Josti Reef se diere deur ‘n slang beetgekry is nie. Bram is immers al die derde een.
Sy het hom gehaas na Sterkspruit se dierekliniek waar hy dadelik behandeling ontvang het. Hy het een ampule teengif ontvang, waarna hy gestabiliseer is, maar sy gesig het die volgende dag aanhou swel en die veeartse het besluit om ‘n tweede ampule toe te dien. Bram het selfs vir een van die foto’s so ewe gegaap, asof hy wou sê dat hy piekfyn sou wees. Reef is baie dankbaar vir almal wat so spoedig gewerk het om hom te help veg vir sy lewe.
Lees ook meer hier: VREEMDE SLANG IN LYDENBURG
Sy meen dat hoewel dit duursaam is, geen prys op jou geliefde diere se lewens geplaas kan word nie.

