Local newsNews

Rustig Ouetehuis inwoner vier 101 jaar

Ouderdom is slegs 'n syfer vir een van die inwoners van Rustig Ouetehuis in Witrivier.

Erika Rottcher het onlangs haar 101ste verjaardag gevier.

“Ouma seën ons elke dag met haar teenwoordigheid en ons begin al wonder wanneer sy nou ook ‘ouer’ gaan raak, soos ons ander inwoners by Rustig Ouetehuis,” het Bruce Macaulay, finansiële bestuurder, vertel.

Volgens Macaulay is die gemiddelde ouderdom by dié tehuis 84.

“Ouma Erika verhoog die gemiddeld heelwat, ons moes ‘n brandblusser naby hou vir al die kersies op haar koek,” lag Macaulay.

LEES OOK: Skukuza-hof se toekoms in ‘n volle bank regters se hande

Rottcher is in 1919 in Scheepersnek naby Vryheid in KwaZulu-Natal gebore. Sy is in 1943 getroud en het haar toe gevestig in Muden naby Greytown, waar sy al haar jare ‘n huishoudkunde-onderwyseres was.

In 1957 het sy en haar man Witrivier toe verhuis, waar hulle die oorspronklike eienaars van die Rottcher Wineries was.

SAVF Rustig het haar tuiste geword in 2018.

“Sy is ‘n liefdevolle tante wat altyd tyd maak vir almal om haar en wat alles altyd so opreg waardeer! Dankbaarheid moet een van haar geheime wees. Sy reken wel dis die Here wat so mooi na haar omsien, en dis waarom sy so oud word,” het Macaulay afgesluit.

LEES OOK: Eienaar van Coastal Hire oorlede na fratsongeluk tydens 4×4-pretrit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button