Local newsNews

BMW-bestuurder veroorsaak glo herrie onder drie ander motoriste op R40

'n Rit Sondagaand op pad na sy werk by Mediclinic Nelspruit het byna dramatiese gevolge gehad vir Johan Janse van Rensburg toe hy en twee ander voertuie in 'n kettingbotsing betrokke was.

MBOMBELA – Janse van Rensburg was met dr. Enos Mabuza-rylaan in die rigting van die R40 op pad toe die ongeluk omstreeks 18:45 plaasgevind het.

Volgens hom het ‘n wit BMW X5 in Johannastraat (vanuit die rigting waar Curro Nelspruit geleë is) aangejaag gekom, en by die verkeerslig in die gliplaan in die rigting van die R40 ingedraai. Hy sê die verkeerslig was op daardie tydstip groen vir verkeer in dr. Enos Mabuza-rylaan.

LEES OOK: Truck drivers advised to use another route as unrest flares in Barberton

“‘n Wit Toyota RAV, met twee vroue in die voertuig, moes hard rem om ‘n ongeluk te vermy. ‘n Wit Polo het agter in haar ingery en ek het op my beurt teen die Polo gebots.” Hy sê daar is gelukkig niemand in die ongeluk beseer nie.

Die bestuurder van die RAV het op die BMW-bestuurder gegil, maar dié het stilgehou, glo op hulle gevloek, en weggejaag.

“Alles het so vinnig gebeur dat ons nie die BMW se registrasienommer kon ry nie.” Daar word nou na ooggetuies van die ongeluk gesoek.

Inligting kan aan Janse van Rensburg by 074-537-3758 deurgegee word.

LEES OOK: SPCA wall project got a new donation

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button