Local newsNews

Skerpioenma en kleintjies word deur stapper op foto vasgevang

Vir diegene wat in die bosveld woon is dit niks nuuts om snaakse gediertes teë te kom nie, maar hierdie ontdekking is iets werklik besonders.

Plaaslike stapper en drawwer, Kevin Ruthven, het op een van sy staptogte in die Longtompas op ‘n verskynsel afgekom wat ‘n mens selde sien: ‘n nes skerpioene. Wat min mense van skerpioene weet, is dat die wyfie haar kleintjies vir ‘n geruime tyd op haar rug dra.

Lees meer hier: Two aardwolves run over on Long Tom Pass

‘n Volwasse wyfie kan tot 100 kleintjies op ‘n slag kry. Hulle gee lewendige geboorte en die kleintjies klim dan op die ma se rug vir veiligheid. Wanneer hulle gebore word is hulle doppe nog sag en ry hulle op die ma vir tot 20 dae voordat hulle doppe hard genoeg is om op hulle eie die wildernis te kan aandurf.

Die jong klompie vervel elke vier tot vyf dae, dan eenmaal ‘n week, en hoe ouer hulle word, soos hulle skelet dit benodig. Sommige skerpioenspesies eet selfs die ma gedurende die dra-tydperk.

Lees die volgende artikel: Python attack on game farm

Hulle sal stadig aan haar begin vreet terwyl hulle op haar rug ry, tot sy heeltemal vrek. Die wat nie hulle ma vreet nie, leef eerder van klein diertjies soos wurms en krieke.

Dit is baie ongewoon om so iets teë te kom en mense word aangeraai om dit wel vir ‘n oomblik te bewonder, maar hulle dan te los om verder hulle eie gang te gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button