Helpende Hand skep hoop vir 2020
Die lede van Helpende Hand het verlede week bymekaar gekom om die tema van die jaar te bespreek.

Die tema #skephoop2020 het soos ‘n goue draad regdeur die aand gevloei.
Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, het almal verwelkom deur te sê dat dit makliker is om hoop te skep saam met ander.
“Helpende Hand maak ‘n verskil omdat ons glo in wat ons doen, en as ons nie meer glo nie, dan kan ons nie langer hiermee aangaan nie,” sê Noëth.
Hy het almal aangemoedig om hoop vir hulle medewerkers te skep, want so word die toekoms saam gebou.

LEES OOK: Rustig Ouetehuis inwoner vier 101 jaar
Noëth het die lede vertel hoe om aan te gaan in die teenwoordigheid van die onrus in die land.
“Want ons kan, want ons staan saam. Jy mag nie opgee nie – moet nie ophou hoop nie.”
Deur saam te staan het hulle genoeg geld bymekaar gemaak sodat studente hoop kan hê vir die toekoms deur in hulle studielenings te voorsien.
Elke jaar gee hulle tassies vir minderbevoorregte leerders en skep hoop vir nie net die kinders nie, maar die onderwysers wanneer hulle sien hoe gelukkig die kinders is.

LEES OOK: Local is lekker met Innibos op skrikkeldag
‘n Briefie aan ‘n juffrou na hulle elkeen ‘n tassie gekry het, lees soos volg: “Kyk, juffrou, ek is nou ryk. Ek het my eie skêr.”
Helpende Hand se Ons Winkel het oor die jare baie goed gevaar en hulle open vanjaar die 65ste tak. Die geld wat gemaak word bemagtig studente vir ‘n beter toekoms.
“Elke druppel in die emmer maak die emmers vol,” sê Alet Robbeson, maatskaplike werker van Helpende Hand.
Sy vertel hoe hierdie organisasie drie jaar gelede ‘n spreekkamer geopen het vir mense wat nie die finansies het om ‘n dokter te raadpleeg nie.
Noëth sê: “Lewe met hart, in krag en tot hoop.”
