Bobaas-bakker gekroon vir die beste tradisionele melktert by vanjaar se melktertuitdaging
Ané Steynberg het tydens die onlangse melktertuitdaging die kategorie van tradisionele melktert gewen.

Vanjaar se melktertuitdaging was een van die bestes. Dit was ‘n moeilike besluit om die beste te kies vanuit al die bobaas-bakkers op die dag was.
Die wenner van die kompetisie, Ané Steynberg, vertel dat sy een oggend by die werk in Laevelder ‘n advertensie vir die melktertkompetisie gesien het, en sy het dadelik belanggestel in die eerste prys van 12 Citybug-kaartjies.
Steynberg doen haar gemeenskapsjaar as ‘n fisioterapeut by die Barberton Provinsiale Hospitaal, en haar famile woon in Pretoria. Sy wou wen om eenmaal ‘n maand na haar mense toe te kan gaan.
LEES OOK: Helpende Hand skep hoop vir 2020
Steynberg sê sy het nog altyd van koekbak gehou, en die kompetisie was vir haar ‘n lekker uitdaging, veral omdat sy nog nooit van tevore melktert gebak het nie.
Sy moes ‘n hele paar proeflopies bak. Steynberg het genoem dat daar baie bobaas-bakkers by die kompetisie was, en dat sy glad nie verwag het om te wen nie. Sy wou ook graag die borge bedank vir haar fantastiese pryse van Citybug en Canary Walk Mall, wat sy beslis gaan gebruik.
LEES OOK: Generaal Renoster voer oorlog teen renosterstropery in Krugerwildtuin
