Coronavirus plaas geweldige druk op die verswakkende Suid-Afrikaanse ekonomie
Die onverwagse en kommerwekkende verspreiding van die coronavirus (COVID-19) het 'n vrees vir wêreldwye ekonomiese verlangsaming laat ontstaan.

Die Suid-Afrikaanse landboubedryf voer jaarliks ongeveer 25 kommoditeite ter waarde van meer as $10 miljard (ongeveer R154 miljard) uit.
“Die huidige onsekerheid in die markte en die wêreldwye verlangsaming plaas bykomende druk op die verswakkende Suid-Afrikaanse ekonomie.
Die impak van COVID-19 loop saam met die aankondiging van ‘n terugtrekking van 1,4 % in ons ekonomie, asook ‘n afname van 7,6 % in die landbousektor in die vierde kwartaal van 2019,” sê Omri van Zyl, AgriSA se uitvoerende direkteur.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Vrydag 28 Februarie die COVID-19-uitbreking as ‘n wêreldwye pandemie verklaar.
LEES OOK: Bobaas-bakker gekroon vir die beste tradisionele melktert by vanjaar se melktertuitdaging
Regerings regoor die wêreld moes noodgedwonge gebeurlikheidsplanne in plek stel asook hul bekampingsmaatreëls versterk. Die wêreldmark het verlede week meer as $6 miljard verloor. Dit was die swakste ekonomiese week sedert die wêreldwye resessie in 2008.
“Dit is tans ‘n ingewikkelde taak om die ekonomiese impak op Suid-Afrikaanse landbou te bepaal. Op die korttermyn verwag ons uitdagings met die voorsienings- en logistieke kettings wat ernstige skade vir uitvoergedrewe landboukommoditeite kan beteken,” sê Van Zyl. AgriSA werk voortdurend saam met bedryfsliggame om die impak van COVID-19 te monitor.
LEES OOK: Bergvlam se top dirigent deel sy interhoër-ervaring
