Slag by Helvitia vier sy 120ste herdenking
Die Slag by Helvitia op die oujaar van 1900 vier vanjaar sy 120ste herdenking Saterdag 14 Maart op die terrein naby die dorp.
As seker een van die merkwaardigste militêre kontakte tussen die Boere en Britse magte in die guerrilla-fase van die Anglo-Boereoorlog, was dit ook van die belangrikste op die platorand- en Laeveld-gebied.
Die buit van ‘n belangrike Britse kanon, die Lady Robberts, het veral bygedra tot die belangrikheid van die slag.
Almal is welkom by die herdenking. Die geleentheid begin om 08:00 by die grafteterrein en almal ontmoet langs die N4 tussen Bambi en Machado-tolhek naby die Goedewil-afdraai.
ALSO READ: TVET-kollege se studentebehuising het inwoners van Leadwood-kompleks in Mbombela die josie in
Die GPS-lesing is 25°34’30.0″ S, 30°17’49.9″ E of -25.574998, 30.297189.
Kenners en plaaslike historici, soos onder meer dr. Tian Schutte en kol. Piet Schoeman, en belangstellendes uit die omgewing, gaan die terrein besoek om die geleentheid te herdenk.
‘n Viertrek-voertuig is nie nodig nie, maar gebruik ‘n voertuig met goeie grondvryhoogte. Pak eet- en drinkgoed in en onthou ‘n hoed en stapskoene.
LEES OOK: NHS Onnie keer terug vir behoorlike afskeid
