Local newsNews
Innibos se feesbeplanning gaan voort
Die beplanning vir die Innibos-fees wat in Junie plaasvind gaan in die stadium voort, en die datum (24-27 Junie) bly onveranderd.

Volgens Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van die fees, het die Innibos-bestuur gisteroggend vergader oor die Covid-19-viruspandemie, en die invloed daarvan op die fees.
“Ons wag vir die finale inligting van die regering oor die stappe wat gedoen word om te sien hoe dit ons besluite beïnvloed. Ons vergader gedurende die week met die Innibos-direksie om ons aksiestappe hierop te bespreek.
Die fees sal aan die einde van die huidige moratorium op openbare geleenthede (tot en met die Paasnaweek) weer besluite hieroor neem na gelang van die regering se verdere riglyne,” sê sy.
LEES OOK: Local is lekker met Innibos op skrikkeldag
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
