Local newsNews

KYK: Plaaslike sekuriteitsfirma ontsmet inkopiesentrums in Komatipoort

Securicon het uit hul eie die inisiatief geneem om openbare areas te ontsmet om die verdere verspreiding van Covid-19 te voorkom.

Die sekuriteitsfirma het die SUPERSPAR Komati en openbare areas rondom dit ontsmet.

Gerhard Coetzer, eienaar van Securicon, het dié besluit geneem om die gemeenskap en sy mense te beveilig teen die virus.

In samewerking met Buscor, is die Shoprite-sentrum ook ontsmet, asook die polisiestasie en -selle.

“Securicon se voertuie word ook daagliks ontsmet,” vertel Vincent Beumer, Securicon se algemene bestuurder.

“Ons ambulanspersoneel werk ook in weggooibare oorpakke.”

Sien die video van die proses hieronder.

LEES OOK: Unieke omstandighede vereis unieke oplossings

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button