Local newsNews

KYK: Gewilde Laeveld kunstenaar bring hulde aan die hart tydens inperking

Williams vertel dat hy besig is om 'n nuwe snit te skryf, getiteld "1000 Foto's" wat binnekort ook op sy YouTube kanaal beskikbaar sal wees.

MBOMBELA – Vir Suid-Afrikaners oor die algemeen is die nasionale inperking beslis ‘n tyd om stil te raak en te onthou om nie die eie self af te skeep nie.

Dit geld beslis vir die bekende Laeveldse kunstenaar, Henry-John Williams, wat hierdie uitdagende tyd gebruik het om ‘n lied oor die geestestoestand te skryf.

 

Henry-John Williams.

LEES OOK: KYK: Hou moed en fokus op wat saakmaak dié Paasfees, sê Natascha C

Hy vertel dat hy besef het dat hy tydens die inperking slegs “saam met sy hart” sou wees en het toe aan die lied begin werk.

“Ek moes my hart weer vind na ek, soos soveel ander mense wêreldwyd, seergekry het. Ek is iemand wat baie bewus is van my emosies en daarvolgens leef.

“Die hart is seker die enigste orgaan wat in meer as ‘n duisend stukke kan breek,” het die bekwame kunstenaar vertel oor die inspirasie vir “Een-en-Twintig Dae”.

“Elkeen van ons het êrens liefde in ons hart en meeste mense verloor dit. Dan voel jy nog meer eensaam as tydens die inperking. Tog het ek besef ek is nie alleen nie – my hart is by my. Geluk kan jy net vir jouself skep, niemand anders kan dit vir jou bepaal nie,” vertel Williams.

“Dalk vind ‘n mens weer liefde..

Wie weet?”

Na pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die inperking met twee weke verleng word, oorweeg Williams dit om die snit na “Vyf-e- Dertig Dae” te hernoem, voeg hy laggend by.

Hy vertel dat hy besig is om ‘n ander nuwe lied te skryf, “1 000 Foto’s”, wat binnekort ook op sy YouTube-kanaal beskikbaar sal wees.

 

LEES OOK: Marloth se sakelui gee om

Na pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die inperking met twee weke verleng word, oorweeg Williams dit om die snit na “Vyf-e- Dertig Dae” te hernoem, voeg hy laggend by.

Hy vertel dat hy besig is om ‘n ander nuwe lied te skryf, “1 000 Foto’s”, wat binnekort ook op sy YouTube-kanaal beskikbaar sal wees.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button