Local newsNews

Solidariteit stuur emmers vol hoop uit

Helpende Hand stuur die Emmers VOL Hoop-projek van stapel om diegene in nood te hulp te snel

Die Solidariteit Beweging het Dinsdag tydens sy Helpmekaar-dag sy amptelike krisisfonds gestig om die maatskaplike nood wat reeds weens die nuwe Covid-19-koronavirus-krisis ontstaan het, aan te pak.

Dié fonds word deur Solidariteit Helpende Hand bestuur. Volgens Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, volg daar gewoonlik ’n maatskaplike krisis op ’n ekonomiese krisis.

“Die gemeenskap moet daarom seker maak dat alles in plek is om mekaar in tye van nood te help. Helpende Hand word oorval met versoeke vir hulp van kwesbare groepe. Ons verwag dat die nood en die behoefte al hoe groter gaan word. Die Solidariteit-beweging se krisisfonds word deur Solidariteit Helpende Hand se onafhanklike ouditeure geoudit en ’n spesiale oorsigkomitee sal sorg dat die geld reg aangewend word,” sê Noëth.

LEES OOK: Marloth se sakelui gee om

Hy sê dat die verbreking en voorkoming van armoede skielik ’n nuwe dimensie aangeneem het toe al die fokus na verligting verskuif is.

“Dit is nie dat ons dit so wil hê nie, maar omdat die praktyk dit dwing as gevolg van Covid-19,” sê hy.

Noëth verduidelik Helpende Hand het ook reeds meer as 70 Josef Silo’s op die been gebring waar nie-bederfbare kos afgelewer kan word.

“Josef Silo’s is afkomstig uit die Bybel, toe Josef opdrag gekry het om in Egipte tydens die sewe jaar van oorvloed kos bymekaar te maak en te stoor vir die sewe jaar van hongersnood wat sou volg. Ons bedoeling met Josef Silo’s is dus om voorsiening te maak vir die moeilike tye wat ons tans ervaar én voorsorg te tref vir moeilike tye wat kan kom as die inperking verby is,” sê Noëth.

Om Josef Silo’s meer toeganklik en makliker te maak vir enigiemand wat in staat is om bydrae te maak, stel Helpende Hand vandag sy Houers VOL Hoop-projek bekend.

“Die strategie van Houers VOL Hoop is tweeledig: die publiek kan kos gaan afgee, of hulle kan ’n kontantskenking maak sodat ons kos vir behoeftiges kan aankoop,” verduidelik Noëth.

LEES OOK: Hou moed en fokus op wat saakmaak dié Paasfees, sê Natascha C

Helpende Hand pak die houers self en ontsmet die verpakking. Elke houer bevat R350 se nie-bederfbare goedere wat vir gesinne in nood uitgedeel gaan word.

“Helpende Hand wil graag onder gesinne ’n verskil maak, daarom het ons Houers VOL Hoop geskep. Houer vir houer moet daar ’n verskil gemaak word in ons behoeftige gemeenskappe wat tans swaar ly onder die Covid-19-inperking.

“Ons gebruik spesifiek die woord ‘houer’, want dit is iets waaraan jy fisies kan vat en waarvan jy die inhoud kan gebruik. Ons gebruik spesifiek die woord ‘vol’, want dit is nie net ’n houer nie – die houer is vol ‘hoop’; saam met die bietjie kos gee ’n mens ook hoop,” voeg Noëth by.

“Helpende Hand glo in beginsel daaraan om reg te gee. Ons kyk mooi wat die gesin nodig het en bereken dit reg om te sien wat hulle kan deurtrek in ’n moeilike tyd. Houers VOL Hoop is ook bedoel om ’n handvatsel te wees vir die situasie waarin mense hulle tans bevind,” sê Noëth.

Die VF Plus het die voortou geneem en die eerste bydrae gemaak deur R50 000 te skenk om Houers VOL Hoop aan te koop. Noëth het die party vir die ruim skenking bedank.

Die publiek kan help deur ‘n Houer VOL Hoop te koop vir R350 om tydens die Covid-19-pandemie, hongersnood by behoeftige en weerlose gesinne te verlig. Die houers is beskikbaar op die webstuiste: www.houersvolhoop.co.za.

LEES OOK: Unieke omstandighede vereis unieke oplossings

Elke Houer VOL Hoop bestaan uit:

• een pak 12,5 kg mieliemeel
• een pak 2 kg rys
• twee pakke macaroni
• een 200-pak teesakkies
• een houer 500 g Cremora
• een pak soja (bees)
• een pak soja (hoender)
• twee blikke uie-en-tamatiemengsel
• een blik boeliebief
• een blik bone
• twee pakke soppoeier
• een houer 750 ml kookolie
• een pak 500 g sout
• een blik 900 g konfyt
• een buis tandepasta
• nege rolle toiletpapier
• een houer skottelgoedseep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button