Local newsNews

Pro Gratia bekommmerd oor voortbestaan

Mits barmhartige samaritane finansieel ingryp, sal die skool sommige van hul onderwysers nie vir Maart kan betaal nie. 

Pro Gratia Learning Centre, ‘n privaatskool vir kinders met leergestremdhede en spesiale behoeftes, vra die publiek om hulle te help in hierdie moeilike tyd.

Volgens Welma Bezuidenhout, een van die bestuurders by die skool, is die finansiële posisie waarin hulle tans is ‘n groot bekommernis.
“Ons is geregistreer by die Departement van Onderwys, maar ontvang egter tans geen subsidie nie. Ons is dus afhanklik van slegs die skoolfonds wat ouers betaal.”

Hulle is ook ‘n nie-winsgewende maatskappy. “Van ons ouers is tans onder geweldige druk, en op hierdie stadium kom daar nie fondse in die skool in nie. Die realiteit van die saak is dat slegs 40% van ons ouers skoolfonds betaal het aan die einde van Maart.”

Bezuidenhout het ‘n pleidooi aan die publiek gerig.

“Ons benodig baie dringend fondse om ons personeel te betaal. Ek kon net 80% van die personeel gedeeltelik betaal (net die helfte van hul salaris), die ander 20% het nog glad nie salarisse ontvang nie. Ons benodig omtrent R100 000.”

Sy het gesê sy bekommer haar geweldig oor beide die personeel en die kinders. Baie van die kinders is op verskeie maniere afhanklik van die skool, hetsy vir maatskaplike ondersteuning of selfs voeding.

LEES OOK: Pro Gratia leermetodes gedurende grendeltydperk

Die skool is klein, met 120 leerders net buite Nelspruit. “Ons het in totaal 39 personeellede – ongeveer een onderwyser en een onderwysassistent vir elke agt kinders.”
“My hart is in stukke om te dink dat hierdie personeel, wat elke dag hulle passie uitleef vir hierdie kinders, nie salarisse kry nie. Ons kon ook glad nie ons huur betaal hierdie maand nie. Die huur is nie ingesluit in die R100 000 nie,” het Bezuidenhout gesê.

Alhoewel hulle saamstem met die president se aankondiging oor die verlenging van die grendeltydperk, is hulle bekommerd oor die minister van onderwys se toespraak dat skole moontlik tot Junie gesluit gaan wees.

LEES OOK: Opgetof om vullis uit te vat

“Ons is bekommerd oor ons voortbestaan indien ons nie hulp ontvang nie.“Ek is beskikbaar op my selfoon en e-pos vir enige navrae rondom ons boeke en finansiële state. Enige gewillige skenkers is welkom om ons finansiële rekords self te besigtig.

“Omdat ons ‘n nie-winsgewende maatskappy is, sal enige skenker ‘n Artikel 18a sertifikaat ontvang, wat hulle in staat sal stel om die skenking as belasbare uitgawe te eis,” het Bezuidenhout afgesluit.

Bankbesonderhede:
Pro Gratia Learning Centre NPC
FNB Tjekrekeningnr: 62-505-193-277
Verwysing: Donasie en skenker se naam

Kontakbesonderhede:
Welma Bezuidenhout (bestuurder)
076 547 9828
welma@progratia.co.za

Claudé Engelbrecht (akademiese hoof en opvoedkundige sielkundige)
083 62 999 24
claude@progratia.co.za

Die skool is gedurende hierdie tyd steeds besig met opvoeding. Een voorbeeld is video’s wat hul personeellede opneem. Dié word dan op hul YouTube-kanaal geplaas en uitgestuur aan die ouers. Hier is voorbeelde van dié video’s:

https://youtu.be/_NRC9QD2O-A
https://youtu.be/mmGfo0y08vo
https://youtu.be/730F847CFJM

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button