Local newsNews

“Ons gee om,” sê organisasie tydens inperking 

CMR Nelspruit is op bystand as gevolg van die grendelstaat, maar sy lede doen steeds hul deel in hul eie kapasiteit.

Ons Gee Om Nelspruit is nog een van die organisasies wat sy deel doen gedurende hierdie tydperk. Thea Rix, ook die voorsitter van CMR Nelspruit, is aan die stuur van hierdie inisiatief.

Lede werk hard om kospakkies aanmekaar te sit vir mense in nood. “Ons doen dit nou al lankal. CMR doen nog gedeeltelik van dit, maar tans word meeste van die kospakkies deur Ons Gee Om Nelspruit gedoen. Ons werk wel saam met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en stuur inligting oor wat ons daagliks doen,” het Rix gesê.

LEES OOK: Pro Gratia bekommmerd oor voortbestaan

Hoewel hulle dit al vir jare doen, het die nood gedurende die inperking vergroot. “Die aanvraag is geweldig en ons kan nie voorbly nie. Ons doen tussen 10 tot 12 pakkies ’n dag.”

Hulle fokus gewoonlik op ander benodighede soos klere ook, maar tans veral op kos. Hulle help ook soms in die buitewyke van Mbombela, maar sê die nood in die stad self is groot, so hulle verkies om hul fokus hier te hou.

Volgens Rix kan hulle skenkings oplaai, want hulle wil nie graag hê mense moet buite in die strate wees nie, maar hulle het ’n afsetgebied by 24 Suiderkruisstraat. Hulle verkies egter kontant, want hulle koop in grootmaat aan, wat baie goedkoper uitwerk.

LEES OOK: Pro Gratia leermetodes gedurende grendeltydperk

Indien mense wel kos wil skenk, het Rix gesê droë bestanddele werk die beste. “Dinge soos rys, pap, mieliemeel, stampmielies, blikkieskos en sojavleis. Ons het baie vars produkte al ontvang, wat ons nie gewoonlik verkies nie, maar op die oomblik kan ons dit versprei.”

Rix het laastens weer beklemtoon dat CMR op bystand is. “As iemand in nood is, byvoorbeeld kinders, dan kan lede gekontak word. Hulle is nie juis aktief in terme van enige kospakkies uitgee nie, maar die maatskaplike werkers is almal beskikbaar.”

Bankbesonderhede:

D Rix

Nedbank Crossing

Rekeningnommer: 14-630-053-26

Kontakbesonderhede:

Toy: 081 438 5373

Thea: 082 771 2889

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button