Local newsNews

Tannie Babs: ’n eeu se herinneringe  

Die eerste motoriste is in 1927 in die Nasionale Krugerwildtuin toegelaat - teen ’n fooi van een pond.

MBOMBELA –  Tannie Babs van Zyl het nie lank daarna nie, in 1928 toe sy agt jaar oud was, vir die eerste keer die wildtuin besoek.

Tannie Babs het op 7 Maart vanjaar die rype ouderdom van 100 bereik. Volgens haar seun, Stephaan, gaan hulle vir ten minste die afgelope 30 jaar gereeld elke jaarliks wildtuin toe.

“Vir die laaste sewe jaar het my suster spesiaal van eers Australië en nou NieuSeeland af gekom,” sê hy. Hulle is baie lief vir die noorde, veral Punda Maria.

“Ons het gereeld, voor Ma te oud geword het, gebruik gemaak van die nagritte. Ekself het die oggendstaptogte graag meegemaak.

Toe ons nog kinders was het die gesin minder gereeld gegaan, miskien so elke derde jaar – seevakansies het ’n bietjie meegeding!”

LEES OOK: Kenner praat oor verreikende gevolge van verlengde inperking op Laeveld

Tannie Babs kan nie meer al haar herinneringe herroep nie, maar haar seun sê: “Een ding wat Ma nie vergeet nie en elke keer vertel, is die toestand van die paaie in daardie dae.

Jou klere, hare en neus was alyd vol stof en sand. Selfs tussen jou tande, elke keer as jy jou mond oopmaak om te praat!

Ek dink die karre van die tyd se ontwerp het ook ’n rol gespeel. Daar was oral dongas en jy moes kort-kort uitklim om klippe uit die pad te rol.”

Sy het glo nou opregte waardering vir teerpaaie na die eerste avonture in die Model-T Ford.

Tannie Babs is gebore en het grootgeword in Pretoria, en volgens Stephaans was sy haar lewe lank baie bedrywig in die kunste.

“Sy het byna in elke medium gewerk. Skilder, beeldhou, batik – noem maar op. Sy was ’n instrukteur by die Houtsnyersgilde.

Sy het elke natuurtoneel met ’n kunstenaarsoog geoordeel, vandaar haar liefde vir die veld. Boonop het sy ook ons en haar eie klere gemaak!”

Haar broer, David Malherbe, was selfs vir ’n tyd posmeester in Skukuza.

Dit is vanselfsprekend dat tannie Babs kan terugkyk op ‘n lewe gevul met kosbare herinneringe.

Tannie Babs met haar 100ste verjaarsdagkoek – ’n geskenk van die plaaslike tuisnywerheid.

LEES OOK: Innibos gaan voort, maar dalk eers later as beplan

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button