Local newsNews

Jongeling wys hoe die eier-uitdaging nou eintlik gedoen moet word

Die eier-uitdaging het die land in rep en roer. Dié kind doen dit anders.

Die eier-uitdaging is ‘n nuwe tendens in die land waar sommige mense ander uitdaag om vinnig rou eiers, suiker en alkohol een na die ander op te drink.

Die persoon wat die uitdaging aanvaar voltooi dit in ‘n video-opname daarvan, en daag dan weer ander uit om dit ook te doen.

Die jong Caela Venter is uitgedaag om dit te doen, maar het besluit om dit vanuit ‘n ander opsig te benader.

Caela sê in die video dat sy sou opgooi as sy die rou eier moes drink, dus sal sy eerder R150 in die Nelspruit DBV se rekening inbetaal. Sy het haar vriende uitgedaag om dit ook te doen.

LEES OOK: Laeveld neem afskeid van ‘n ikoon in onderwys en sport

Sien die video hier:

https://www.facebook.com/tara.venter/videos/pcb.10163226723525231/10163226718225231/?type=3&theater

Die DBV moes weens die koronavirus-grendelstaat sy fondsinsamelings kanselleer, wat veroorsaak dat die organisasie sukkel om salarisse en veeartsrekeninge te betaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button