Local newsNews

TB-pasiënt kry hulp na Departement van Gesonheid ingryp

Nadat hy drie keer deur Rob Ferreira-hospitaal weggewys is vir behandeling vir sy weerstandige tuberkulose, is ‘n hawelose man uiteindelik vir die hoogs aansteeklike siekte behandel.

Die hospitaal het glo geweier om hom te behandel of op te neem, skynbaar as gevolg van die beperkinge van die grendelstaat waarin die land verkeer.

Die 40-jarige man, wie se naam aan Laevelder bekend is, is deel van die sowat 100 haweloses wat tydens die inperking deur Nelspruit Gemeenskapforum (NGF) in hulle sorg geneem is. Omdat die siekte so hoogs aansteeklik is, is die man van die res van die mense geskei deur ‘n skerm met palette te bou. TJ Maré, voorsitter van die NGF, sê die man het uiteindelik hulp gekry nadat die Departement van Gesondheid ingegryp het.

Lees ook: Laeveld neem afskeid van ‘n ikoon in onderwys en sport

“Verpleegsters van die departement, asook die TB-eenheid, was Maandag by NGF en het elke mens wat onder ons dak is ondersoek, behandel en waar nodig medikasie gegee,” sê Maré. Die TB-eenheid het weer almal, insluitende die NGF-personeel en vrywilligers, geskandeer. “Die man word steeds eenkant gehou en hy gee sy volle samewerking.

Hy dra ‘n masker en drink daagliks sy medikasie.”
Maré sê die Departement van Gesondheid het reeds reëlings getref om die man na die gespesialiseerde TB-hospitaal naby Hazyview te verskuif sodra ‘n bed vir hom beskikbaar is. Intussen spook die NGF en vrywilligers om daagliks kos vir die 100 mense te gee.

“Ons verskaf tans drie etes per dag. Die kookspanne is egter baie moeg en ons hoop nog vrywilligers sal vorendag kom. “Mense is selfs welkom om by hulle eie huis dalk ‘n groot pot sop of pap te maak en dit dan na die sentrum te stuur.” In hierdie stadium is daar ‘n ernstige tekort aan komberse, handdoeke, waslappe en seep by die sentrum. Hulle kort ook vars vrugte soos lemoene, naartjies en piesangs, en ook mieliemeel.

Lees ook:Jongeling wys hoe die eier-uitdaging nou eintlik gedoen moet word

“Een van die vele positiewe deurbrake wat ons tydens die inperking gemaak het, is om verskeie dwelmverslaafdes wat hier opgeneem is, van hulle afhanklikheid te speen. “Die meeste is nou deur hulle onttrekkingsimptome en vorentoe kan dit net beter gaan met hulle.”

Dumisani Malamule, woordvoerder van die Departement van Gesondheid, sê hy ondersoek die aangeleentheid. “In die huidige Covid-19-krisis het hospitale streng opdrag om net noodgevalle en mense wat duidelike simptome toon wat daarop dui dat hulle moontlik Covid-19 onder lede het, op te neem.”

Volgens Malamule was die betrokke TB-geval moontlik te streng hanteer by die hospitaal en daarom afgekeur vir opname. Hy sê die hospitaal moes die pasiënt minstens TB-medikasie gegee het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button