AfriForum versprei handreiniger deur sy noordelike takke
Verskeie bottels handreiniger en maskers is die afgelope week deur AfriForum in onder meer die Laeveld versprei.

Handreiniger en maskers is in die week na AfriForum se 53 takke in die noordelike streek versprei, na die organisasie die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is.
LEES OOK: Skole bly innoverend tydens die koronavirus-grendelstaat
Meer as 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers word tydens dié projek na verskeie takke en buurtwagte in Mpumalanga, Limpopo en Gauteng versprei sodat hulle hul gemeenskappe kan ondersteun.
“AfriForum is hier om ’n daadwerklike verskil te maak. Daar is tans regoor die land ’n groot tekort aan hierdie basiese benodighede en daarom het AfriForum dié inisiatief begin,” het Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, gesê.
Volgens Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld-tak, is dié distrik se aflewerings reeds voltooi.
- Vyftig bottels is in Malalane afgegee, wat MBM Protection Services verder sal versprei aan kinderhuise en tehuise wat dit benodig.
- Tagtig bottels is in Mbombela versprei. Dit moet nog afgegee word by ’n organisasie wat die taklede sal identifiseer.
- Veertig bottels is by Rustig Ouetehuis in Witrivier afgegee.
- Machadodorp het ook ontvang en sal versprei waar nodig.
- Vyftig bottels is by die epilepsiesentrum in Dullstroom afgegee.
- Tagtig bottels is van Lydenburg af by die Step Up Foundation, Wings of Gratitude, ouetehuis en die tehuis in Sabie afgegee.
LEES OOK: Laeveld neem afskeid van ‘n ikoon in onderwys en sport
Daar is ook ekstra bottels wat van die takke aangekoop het om aan die SAPD te verskaf indien nodig.
Indien jy graag wil bydra tot hierdie projek, kan ’n skenkingsbedrag in dié rekening inbetaal word:
Rekeningnaam: Afriforum NPC, bank: ABSA, rekeningnommer: 406 681 9334, takkode: 632005, verwysing: jou dorp se naam (bvyoorbeeld, Mbombela).
