Local newsNews

DBV ontbied om hond van pad af te hou

Ná ’n inwoner van Mbombela op ’n rondloperhond langs die pad afgekom het, het sy net daar gewag vir die DBV om te kom help. 

Mbombela inwoner Landé Willemse het vanoggend 09:30 ongeveer agt kilometer buite die dorp op die Lydenburgpad op ’n brandmaer hond afgekom en die DBV in kennis gestel.

Volgens Willemse het die hond herhaaldelik probeer om voor karre in te hardloop. Sy het van die pad afgetrek en probeer keer dat karre die hond raak ry. “Ek het probeer, maar kon hom nie gevang kry nie.”

Sy kon sien die hond was in pyn en het gesê hy was oortrek van brandsiekte en “maer maer maer”. Dit het ook gelyk asof hy ’n kankergroeisel aan sy privaatdele het.

Die DBV-inspekteurs was volgens haar binne 15 minute op die toneel. “Al het die hond na hulle toe gebyt, het hulle hom gevang. Hulle was baie sag en deernisvol. Ek dink hulle het baie goeie werk gedoen en ek is dankbaar vir die DBV.”

LEES OOK: Laeveld neem afskeid van ‘n ikoon in onderwys en sport

Volgens Lize Pienaar, ondervoorsitter van die DBV, reageer hulle nie gewoonlik as daar rondloperdiere is nie, omdat dit die munisipaliteit se werk is, maar sodra daar ’n vermoede van besering of siekte is, word dit hulle werk.

‘n Veearts het die hond ondersoek en omdat hy in so ‘n slegte toestand was, moes hy van kant gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button