Tiener skenk selfgemaakte maskers aan Mediclinic
Michaela Wolff (16) het besluit om maskers te maak en so haar deel vir die gemeenskap te doen tussen haar skoolwerk en ander stokperdjies deur.

Sy het dié maskers vandag aan Mediclinic Nelspruit geskenk, wat hulle dan aan besoekers sal gee wat na die hospitaal toe kom.
“Ek het besluit om maskers te maak omdat president Ramaphosa vir die dokters wat so hard werk om teen die virus te baklei dankie gesê het. Ek wil ook ’n verskil maak en my gemeenskap help.”

“Ek wou dit vir Mediclinic gee omdat ons iemand ken wat daar werk en in die verlede was my stiefma, Amrei, baie siek en die dokters daar het haar lewe ’n paar keer gered. Dit is net my manier om vir hulle dankie te sê.”
Mediclinic het vir Michaela van hul ou linne (gewas en gestryk) gegee sodat sy nóg maskers kan maak. Sy het sover 65 maskers gemaak met material wat hulle reeds by die huis gehad het.
LEES OOK: Skole bly innoverend tydens die koronavirus-grendelstaat
Michaela is in Hoërskool Nelspruit en oorweeg tans onderwys of fotografie as loopbane.
