Local newsNews

Terug skool toe vir Hoërskool Nelspruit matrieks

Hoërskool Nelspruit se leerders het op Maandag 1 Junie en Dinsdag 2 Junie teruggekeer skool toe om aan te pas aan die nuwe roetine.

Volgens NHS se bemarkingsbeampte, Janine Cronje, is hulle temperatuur geneem en hul hande ontsmet voordat hulle by hul verskeie registerklasse aangemeld het.

Leerders en onderwysers het ook deurentyd sosiale afstand toegepas is, hoewel die weersiens vreugdevol was en almal mekaar eerder sou wou omhels of ‘n stywe handdruk sou wou gee.

Hierdie gegewe tyd is gebruik om die gr. 12’s te bemoedig en te bemagtig met die nodige inligting oor die Covid-19 koronavirus.

“Dit is lekker om terug in die tuig te wees. Dit was wonderlik om die leerders weer te sien, al was dit net om hulle op te lei oor Covid-19 en om die verspreiding van die virus te voorkom,” het die hoof, Johan Hattingh gesê.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button