#WysJouWoord vir Afrikaanse taaldag
Beeld jou gunsteling Afrikaanse woord op enige kreatiewe manier uit (teken, verf, neem 'n foto) en plaas 'n foto daarvan op Instagram of Facebook met die hutsmerk #wysjouwoord en koppel @diewoordeboek.

MBOMBELA – Indien jy 18 of jonger is, kan jy deelneem aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Taaldagkompetisie.
As jy moeg is daarvoor om by die huis rond te sit terwyl die skole gesluit is, moet jy aan die werk spring. Beeld jou gunsteling Afrikaanse woord op enige kreatiewe manier uit (teken, verf, neem ‘n foto) en plaas ‘n foto daarvan op Instagram of Facebook met die hutsmerk #wysjouwoord en koppel @diewoordeboek.
LEES OOK: Tweejarige herstel merkwaardig na hy in swembad val
Tien deelnemers word die trotse eienaars van hul gunstelingwoord met ‘n sertifikaat wat hulle naam en woord vertoon vanaf die WAT.
Die wenner kry ook ‘n jaar se toegang tot die Aanlyn WAT. Die kompetisie sluit op 21 Augustus 2020.
LEES OOK: IN FOTO’S: Eerste aand by die inry
Hou die WAT se sosiale media dop vir inskrywings by instagram.com/ diewoordeboek/ of facebook.com/ diewoordeboek.
Komaan, raak kreatief en #WysJouWoord!
