Local newsNews

Stryd om vermaaklikheidsbedryf te red deur Harry Green geëggo

Terwyl verskeie dele van Suid-Afrika op 5 Augustus rooi belig is, het die span by Harry Green Music World die #LightSARed-veldtog ondersteun deur 'n klein konsert in die winkel self te hou.

Die #LightSARed-veldtog se doel is om aandag te vestig op die vermaaklikheidsbedryf se swaarky gedurende die afgelope vyf maande.

Eienaar, Harry Green het gesê hulle het sommer net besluit hulle moet dit doen.

“Want dis ons wêreld. Die musiekindustrie is ons wêreld. Elke man wat ‘n kitaar of ‘n klawerbord het, mag nie optree nie. Hy mag nie eens trou nie – hy mag nie, hy mag nie…”

LEES OOK: Skukuza se ‘uitsoek-engel’ verloor haar stryd met kanker

Ongeveer 20 gaste en twee groepe kunstenaars het die konsert bygewoon.

Havanna was eerste aan die beurt en het die aand op ‘n jazz-noot afgeskop, gevolg deur Danny Fisher/Danny’s Angels wat gaste met treffers van Elvis, Lady Gaga, Meatloaf, en meer vermaak het.

Weens regulasies kon net ‘n klein hoeveelheid mense genooi word. RJ Nel, bestuurder by die winkel, het gesê hulle wou mense nooi wat werklik die saak ondersteun.

LEES OOK: Vriendelike Oubaas vestig in Pumaland

“Ons het probeer om ouens te kry wat organiseerders van feeste is, wat fotograwe is, en mense wat klank- en beligtingsbesighede het.”

Van die plaaslike plekke wat op 5 Augustus deur AVS Hire in rooi verlig is, is die Steiltes-sokkerbal; Casterbridge Tower, Witrivier; Westend- inkopiesentrum en Nelcity-sentrum.

> Foto: AVS Hire
> Foto: AVS Hire

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button