Local newsLocal sportNewsSport

Gholfdag baat ouetehuis

Die Rusoord Tehuis vir Bejaardes het Saterdag 28 Augustus 'n gholfdag by die Lydenburg Gholfklub aangebied.

Die bestuur bedank die spelers en borge wat van die dag so ‘n groot sukses gemaak het. Die beste gholfspeler van die dag was Ruan Groenewald. Johan Labuschagne het die tweede plek behaal en Johan Cross die derde plek. Die langste dryfhou is deur Louis van Dyk aangeteken, en Clifford McGee was die naaste aan die pen. Die bestuurder van Rusoord, Lydia Niemand, het die borge weer eens bedank vir hul bydraes en die pryse. Nico Cross het heerlik musiek gemaak en vinnig ‘n paar verwelkomingsopies aan die gholfers uitgedeel.

Lees ook: Heimwee en nostalgie vir skool se eeufeesviering

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button