Local newsNews

Dis weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar

Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie is vanjaar in samewerking met lekkeslaap.co.za en Kia.

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Benoem nou jou gunstelingdorp in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie en staan ’n kans om met die dorp en sy mense te spog!

Wie kwalifiseer?
Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:
• Minder as 500 000 inwoners het
• Nie ’n streekswenner in die laaste twee jaar was nie (2020: Swellendam, Gariep Dam, Tzaneen, Heidelberg (Gauteng), Williston, Kareedouw, Port Edward; 2021: Greyton, Upington, Senekal, Koster, Wakkerstroom, St Lucia, St Francisbaai, Hoedspruit en Gochas).

LEES OOK: Margherita Peak: Tog so mooi, maar geestelik uitputtend

Vorige wendorpe mag vir vyf jaar na hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (2017: Mosselbaai, 2018: Jeffreysbaai, 2019: Swakopmund, 2020: Kareedouw, en 2021: Greyton).

Hoe werk dit?
Benoem jou gunstelingdorp uit enige streek deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS’e kos R1,50).

Inskrywings open op 6 Maart om 18:00 en sluit 18 Maart om 12:00. Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel SMS’e as wat jy wil in hierdie nominasieronde).

Daar sal uit nege streke gekies word:
1. Gauteng en Noordwes saam.
2. Noord-Kaap
3. Oos-Kaap
4. Wes-Kaap
5. Vrystaat
6. Limpopo
7. Mpumalanga
8. KwaZulu-Natal
9. Namibië.

LEES OOK: Heerlike ontbyt wag by die boeremark by Oewersig

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semifinale ronde (op 17 April, 24 April en 1 Mei). Hier kry die publiek vir ‘n week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunstelingdorp te stem. Dié ronde laat net 30 SMS’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies wat die finale ronde gehaal het, kom verfilm.
Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 17 Julie tot 12:00 op 22 Julie vir die wendorp kan stem.

Die wendorp word op 31 Julie op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Dié dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekond lange advertensie oor die dorp maak wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot Kia Dorp van die Jaarmakietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorpgees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button