Local newsNews

NHS-revue trek splinternuwe kostuum aan

Met 'n nuwe naam en haarfyn beplanning is NHS opgewonde om die publiek na sy Mei-produksie te nooi.

Hoërskool Nelspruit se spogproduksie, Skouspel, is hierdie jaar met swier terug op die planke. Die alombekende produksie sal voortaan as Variété bekendstaan. Ezette Mans, die produksiebestuurder, en Hené Swanepoel, die choreografierepetiteur, in samewerking met Signature Performing Arts & Theatre Technology, het na afloop van Skouspel 2021 fyn aan vanjaar se produksie beplan.

Daar is vroeg reeds begin met die oudisies, die choreografie van danse, opneem van liedjies, beplanning van die teaterstel, en dan oefen, oefen en nog méér oefen.

LEES OOK: Vier Komatipoorters woon SA Tweekamp by byTweekampbyeenkoms in Gqeberha

“Ons is ongelooflik dankbaar dat ons die vertoning voor mense kan opvoer. Dit verander die hele dimensie van die vertoning. Vanjaar bied ons dit in ons skoolsaal aan, wat ons die geleentheid bied om meer gaste te akkommodeer,” sê Mans.

“Die vertoning bestaan nie net uit sang en dans nie, maar ook uit individuele dans- en sangitems. Daar gaan ook twee seremoniemeesters wees wat tussenin gaan gesels. Die stel is nuut, die program is nuut; dit is die begin van ‘n nuwe era in die skoolsaal.”

Die produksie spog met treffers soos “Hardekole” en “Footloose” en opwindende danspassies wat deur Signature gechoreografeer is. Vertonings vind vanaf 10 tot 14 Mei in Hoërskool Nelspruit se skoolsaal plaas. Besoek Quicket om kaartjies te bespreek.

LEES OOK: Hier is Mpumalanga se semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button