Local newsLocal sportNewsSport

40 spelers woon gholfdag van Lydenburg Dienssentrum by

Alhoewel ’n yskoue windjie Saterdag 25 Junie gewaai het, het 40 gholfspelers vir die Lydenburg Dienssentrum vir Bejaardes se gholfdag afgeslaan.

Die eerste plek is deur Jakes Vally gewen. Fanie Bam was tweede en Austin Mashego derde. Mashego het ook die langste dryfhou gespeel. Tim Marabane was vierde, Bruce James vyfde en Vic Swanepoel sesde. Die dameswenner was Wilma Griesel en Lenbé Smit was tweede. Shaunette Erasmus, die dienssentrumbestuurder, bedank die Lydenburg Gholfklub en die spelers vir hulle aandeel in die gholfdag.

Lees ook:  Dames geniet oggend ten bate van Hervormde Kerk Witrivier

Die dienssentrum bedank ook graag die volgende borge: Ortus Boerdery, Deomarlouw, SN Vleis, JJP Services, DN Makelaars, Lydenburg Apteek, Lydenburg Toyota, Manor Guest House, Gert & Andre Elektries, Otees, Carla, Dolfie@Kleinbegin aanlyngeskenkwinkel, Joubert Apteek, My Smile Dental, Meraki Beauty en Laske Nakke Lodge.

Voor: Wilma Griesel (dameswenner), Shaunette Erasmus en Chané van der Schyff (Dienssentrum), Lenbe Smit (tweede dameswenner), Jakes Vally (algehele wenner), Brude James (vyfde); agter: Fanie Bam (tweede), Tim Marabane (vierde), Austin Mashego (derde), Themba Mgiba (naaste aan die pen) en Vic Swanepoel (sesde).
Tim Marabane.

Themba Mgiba.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button