Local newsSport

Rooikatte bespreek hul plek in die semifinaal

Die Rooikatte van Lydenburg het Saterdag teen die Impalas by die Komatipoort Rugbyklub kragte gemeet. Die eindtelling was 64-7 in die Rooikatte se guns.

Die Rooikat Rugbyklub het met hierdie wen na die semifinaal van die Ehlanzeni Laeveldliga deurgedring.

Die beste spelers van die wedstryd was Prince Nqonwana, Christiaan Labuschagne en Calvin Schambriel.

Die Laeveld Ratels sal in die ander semifinaal teen die manne van die Malelane Rugbyklub op Malalane te staan kom. Die span kom op 8 Julie op Lydenburg teen Matsulu Rugbyklub te staan.

Lees ook: Uitstalling in Lydenburg verskaf inligting oor heuningbye en die natuur se nektar

Donavan Theart.
Christiaan Labuschagne.
Ruan Reyneke.
Calvin Shambriel.
Calvin Shambriel. Foto’s Jenise Colsby. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button