Local newsLocal sport

Malelane en Rooikatte pak mekaar in liga-eindstryd

Vir die tweede jaar in 'n ry het die Rooikatte tot die eindstryd van die Ehlanzeni Laeveld-liga deurgedring.

Verlede jaar het hulle die Laeveld Ratels uitgestof en hulle is slaggereed op Saterdag 21 Julie om 15:30 hul ligatitel te verdedig.

Die Rooikat-rugbyspan en Malelane Rugbyklub gaan dan sake vir die eerste plek uitspook.
Op 8 Julie het die twee semifinale wedstryde plaasgevind. Die Rooikatte het teen Matsulu Rugbyklub gespeel en met 59-21 hul plek in die eindstryd verseker.

Lees ook: Stewige vier mure na jare in karavaan vir man van Lydenburg

Malelane het hul plek in die eindstryd losgespeel deur die Laeveld Ratels met 39-13 te klop.
Die Rooikatte en Malelane het nog net een wedstryd hierdie seisoen teen mekaar gespeel. Op 6 Mei het hulle mekaar aangepak en die Rooikatte het 57-0 gewen.

Die bestuur nooi al die ondersteuners na die kragmeting uit. Die toegangskaartjies kos R10 per voertuig, en die hekke open reeds om 14:00.

Clinton Sibanyoni van die Rooikatte met die bal op pad doellyn toe. Foto’s: Jenise Colsby.

Xolisa Ngqandana.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button