Van kuierverhoog tot hoofverhoog by Innibos
Aansoeke om op die kuierverhoë by Innibos 2024 op te tree sluit op Dinsdag 31 Oktober.
Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees is die perfekte vastrapplek om jou musiekloopbaan te loods.
Wie weet, dalk is jy die volgende groot naam om van ‘n Innibos-kuierverhoog na die hoofverhoog te skuif. Nes Bobby en Karlien van Jaarsveld!
Tydens 2004 se Innibos het dié boetie en sussie op die kuierverhoë opgetree, en vandag is beide van hulle baie bekende name in die Afrikaanse musiekbedryf.
Aansoeke vir die kuierverhoë by Innibos 2024 is nou oop, maar jy moet wikkel, want dit sluit reeds Dinsdag 31 Oktober. Moenie die geleentheid misloop om jou sangloopbaan by een van die grootste kunstefeeste in die land te laat vlamvat nie!
Besoek www.innibos.co.za/aansoeke-2024 vir die aansoekvorms.
