Local news

Vlammies geniet ‘n strandpartytjiebederf

Weldoeners en helpende hande wat deur die jaar by Hoërskool Bergvlam betrokke was, is elkeen hartlik vir hulle rol in die skool se suksesse bedank by hierdie gesellige afvêre.

So ná aan die ware Jakob, jy kon glo jy is in ‘n dorpie aan die kus van die een of ander eiland.

Dít was die algemene gevoel by Hoërskool Bergvlam se dankie-sê-funksie op 2 November.

Van vrolike blommekranse om die nek, bont baaibroeke en hemde, sonhoede en mengeldrankies in ‘n pynappel bedien, ewe versier met ‘n sambreeltjie – dié funksie het al die bestanddele gehad om die aand soos ‘n regte strandpartytjie te laat voel.

Weldoeners en helpende hande wat deur die jaar by die Vlammies betrokke was, is elkeen hartlik vir hulle rol by hierdie geselligheid bedank.

LEES OOK: White River St George’s Anglican Church bell stolen and destroyed

Die skoolhoof, Deon Visser, het ook spesiale melding van Lasea Swift, wat vir sewe jaar op die skool se beheerliggaam gedien het en die afgelope vier jaar as voorsitter opgetree het, gemaak. Hy het haar vir al die moeilike besluite, gevegte wat hulle saam baklei het en ook al die glimlagte en pret oomblikke wat hulle gedeel het, bedank.

Swift is ‘n spesiale toekenning oorhandig – ‘n blykie van Bergvlam se waardering. Sy maak aan die einde van 2023 klaar.

Nadat al die formaliteite uit die weg geruim is, is die geselligheid voortgesit en die partytjiegangers met ‘n verskeidenheid seekosdisse bederf, insluitend ‘n geurige paella, romerige mosselpot, kreef en yslike garnale.

Die skool se lapa was vrolike getooi met sjiek seeversierings, afgerond met seesand. Stalletjies is reg rondom gerangskik, waar onder andere springmielies en jenewer met stomende droë ys bedien is, en waar die gaste hulself tot ‘n lekker draairoomys kon help.

LEES OOK: Agtste Fathers Ground 7’s: die beste nóg

Alhoewel die bedoeling was dat die skool aan al die gaste dankie gesê het, het die weldoeners ook die skool vir hierdie egte strandpartytjiebederf bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button