Local news

So ‘n titseltjie F1 in die Laeveld

Formule 1-aanhangers is onlangs met ’n eens-in-'n-leeftyd-besigtiging van 'n replika-F1-renmotor bederf. En nie wie s’n nie, die een wat Max Verstappen en sy Red Bull-spanmaats op renbane wêreldwyd ry!

Die Laeveld is dalk nie deel van die Grand Prix-kringe nie, maar ‘n kuiertjie deur Max Verstappen, of eerder sy renmotor, was ons darem beskore!

Laevelders en Formule 1-aanhangers het Maandag, 20 November, die geleentheid gekry om die enjinkamer agter dié wêreldkampioen van naderby te beskou.

‘n Replika van Verstappen en Sergio Perez se Red Bull-span F1-renmotor is by Caltex Riverside ten toon gestel. Dit was nou wel nie die ware Jakob nie, maar so ná aan dit as wat jy sal kan kry.

LEES OOK: Die Laeveld nou Pieter Rischmüller se verhoog

Die kar is gebaseer op die 2019-model en het ses silinders, weeg slegs 150 kg, het ‘n 1600-enjin en het 900 perdekrag.

Verstappen het Sondag met so ‘n einste motor die Las Vegas-resies van die Grand Prix in styl gewen.

Die laaste besigtigingstyd vir dié renmotor was 18:00 Maandagaand, waarna dit na die Star Shop by Milly’s verskuif is.

Vir die petrolkoppe, ingenieurs, F1-aanhangers en klein seuntjies met groot drome het die week vir seker op ‘n hoogtepunt begin!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button