Local news

Laevelders vier Geloftefees saam

Die NG Kerk Nelspruit-Suid se Geloftefees was ’n groot baljaar met ’n smullekker ete en speletjies vir oud en jonk.

Versoeningsdag is die afgelope naweek regoor die land gevier.

Op 16 Desember 1838 het die Voortrekkers die Zoeloes verslaan. Die Voortrekkers het ’n belofte aan God gemaak om Hom elke jaar vir die oorwinning te eer en hulle nageslagte daarvan te vertel. Dit word nou as Geloftedag deur die Afrikanervolk gehuldig.

Gedurende die naweek het die NG Kerk Nelspruit-Suid dié gebeurtenis met sy jaarlikse Geloftefeeskultuuraand gevier.

LEES OOK: Kersloffees wy die feestyd in Mbombela in

Dit was ’n spesiale geleentheid waar God vereer is, sê Gerhard Lourens, die medeorganiseerder van die aand. Daar is gebraai en oud en jonk het jukskei gespeel en kettie geskiet.

LEES OOK: Kunssinnig en kreatief by die Innibos Kersmark

Lourens sê die kinders word by die geleentheid oor hulle geskiedenis, kultuur en die betekenis van die dag geleer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongekile Khumalo

Bongekile is a junior journalist focusing on community news in Mpumalanga, with also a distinctive interest in impactful human interest stories. She began her career in 2019 and was recognised as an upcoming journalist in 2020.
Back to top button